Meiose-proses - PowerPoint PPT Presentation

1 / 12
About This Presentation
Title:

Meiose-proses

Description:

Title: PowerPoint Presentation - Meiosis Author: adviser Last modified by: Tommy Botha Created Date: 9/4/2003 5:59:54 PM Document presentation format – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:70
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 13
Provided by: adv91
Category:

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Meiose-proses


1
Meiose-proses
  • Die proses van reduksiedeling
  • Meiose is n seldelingsproses waartydens n
    diploïede sel (somatiese sel) verdeel om vier
    nie-identiese haploïede selle te vorm
    (geslagselle of gamete). Diploïede selle het twee
    stelle chromosome, waar elke chromosoom n
    homoloë maat het.
  • Haploïede selle het slegs een stel chromosome.
    Dit wil sê, die chromosome in haploïde selle het
    geen homoloë maat nie.

2
Homoloë pare chromosome
Rol van Interfase
Interfase is die fase van die selsiklus waarin
die sel die grootste deel van sy tyd spandeer en
die meeste van sy funksies verrig, insluitend
voorbereiding vir seldeling. Word beskou as die
fase van lewe van die sel, waarin die sel
voedingstowwe opneem, groei, sy DNS lees, en
ander normale selfunksies verrig. n Algemene
wanopvatting is dat interfase die eerste stadium
van mitose of meiose is. In interfase, maak die
sel hom gereed vir seldeling, dit vergroot in en
maak n kopie van sy DNS.
3
Opsomming van Meiose
  • Meiose is die tipe selverdeling wat gamete of
    geslagselle (sperm- en eierselle) produseer. n
    Sel wat meiose ondergaan, verdeel twee keer die
    eerste selverdeling is meiose I en die tweede is
    meiose II.
  • In die eerste meiotiese verdeling verdubbel die
    aantal selle, maar die aantal chromosome bly
    dieselfde. Die resultaat is dat elke sel net die
    helfte aantal chromosome bevat.
  • In die tweede meiotiese verdeling is daar nie n
  • vermindering in die aantal chromosome nie.

4
Die diagramme hieronder vertoon n opsomming van
meiose (meiose I en II) hoe n diploïede sel vier
haploïede selle vorm.
5
Meiose 1- skei homoloë chromosome
Interfase Profase 1
Metafase 1 Anafase 1
Susterchroma-tiedes bly geheg
Spoel- drade
Sentrosoom met sentrioolpare
Sel-ewenaar
Spoel-drade
Chromatien
Sentromeer geheg aan spoeldrade
Kern-membraan
Suster- chromatiedes
Homoloë chromosoom- pare skei beweeg na pole
Homoloë pare rangskik weers-kante van ewenaar
Chromosome dupliseer
Chromosome paar en ruil materiaal uit
6
Meiose II skeiding van dogterchromatiedes
Telofase I Profase II Metafase II
Anafase II Telofase II en sitokinese

en sitokinese
Sitoplasmiese kliewing
Susterchromatiedes skei
Haploïede dogter- selle vorm
2 haploïede selle vorm chromosome nog dubbel
Gedurende n tweede seldeling, skei die
susterchroma-tiedes 4 haploïede selle vorm met
elkeen n enkel chromosome
7
Animasie
Meiose 1 Die chromosoomgetal word gehalveer en
oorkruising vind plaas. Tydens oorkruising word
genetiese materiaal uitgeruil tussen homoloë
chromosome Meiose 2 Is dieselfde proses as
mitose. Die chromatiedes van chromosome skei van
mekaar.
8
Meiose 1
  • Verskillende stadiums van meiose 1
  • Profase 1
  • Sentromeer verdeel in sentriole wat na
    teenoorgestelde pole beweeg
  • Tussen sentriole vorm spoeldrade
  • Nukleus-/kernmembraan en kernliggaampie begin om
    te verdwyn
  • Elke chromosoom dupliseer en vorm
    susterchromatiedes raak sigbaar.
  • Aan die einde van profase vind oorkruising plaas

9
Oorkruising tydens profase
  • Homoloë chromosome (bivalent) rangskik hulself in
    pare (twee sentromere toon dat dit uit 2
    chromosome bestaan)
  • Susterchromatiedes van homoloë chromosoompare
    raak sigbaar en oorkruis
  • Die plekke waar chromatiedstukke (groepe gene)
    oorkruis en die breekpunte ontstaan word
    chiasmata genoem
  • As gevolg van oorkruising en breekpunte vind die
    herkombinasie van genetiese materiaal tussen
  • moeder- en vaderchromosome plaas
  • Die twee chromatiedes is nie meer identies nie.

chiasma
herkombinasie
10
Metafase 1 en Anafase 1
  • Metafase 1
  • Homoloë chromosoompare rangskik hulle ewekansig
    weerskante van die selewenaar.
  • Spoeldrade heg aan die sentromere vas.
  • Anafase 1
  • Spoeldrade trek saam, verkort en trek die
    chromosome na die die pole
  • Homoloë chromosoompare beweeg weg van mekaar na
    teenoorgestelde pole (chromatiedes skei nie)
  • Sitokinese (verdeling van sitoplasma) begin

11
Telofase 1
  • Die chromosome groepeer by die pole (getal
    chromosome by pole is gehalveer)
  • Die spoeldrade verdwyn
  • Twee nie-identiese dogterselle word gevorm
    deurdat die volgende plaasvind
  • n kernmembraan om die chromosome vorm,
  • n kernliggaampie vorm,
  • insnoering van die sitoplasma vind plaas
  • Die dogterselle bevat elkeen slegs een van die
    homoloë chromosoompare

Kernmembraan vorm
Insnoering
12
Meiose II (dieselfde as mitose)
  • Profase 2
  • Sentrosoom verdeel in sentrioles wat na teen-
  • oorgestelde pole beweeg en spoeldrade vorm
  • Metafase 2
  • Chromosome rangskik in n enkel ry op die sel-
  • ewenaar en spoeldrade heg aan die sentromere
  • vas
  • Anafase 2
  • Sentromere verdeel en susterchromatiedes be-
  • weeg na teenoorgestelde pole omdat die spoel-
  • drade saam trek en verkort. Sitokinese begin
  • Telofase 2 Sitokinese is voltooi. Vier haploïede
    dogterselle word gevorm.
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com