WELKOM - PowerPoint PPT Presentation

1 / 76
About This Presentation
Title:

WELKOM

Description:

WELKOM by ons Beertjie-uitstalling Bejaardebesoeke en handgemaakte kaartjies: Rondom hul verjaarsdag word bejaardes besoek en ontvang n handgemaakte verjaarsdag ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:461
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 77
Provided by: Stein89
Category:
Tags: welkom | kers

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: WELKOM


1
  • WELKOM

by ons
Beertjie-uitstalling
2
  • Aangebied tydens ons

Boland Sustersaamtrek 2012
Te Worcester
3
Waarmee hou die Susters hulself deesdae besig?
  • Miskien voel ons soms dat die rol van die vrou in
    die kerk oor die jare verander het. Maar as ons
    n bietjie dieper kyk, sien ons dat, net soos met
    die verdwyning van die hoed, eintlik niks
    verander het nie. Ons geloof bly dieselfde ons
    is steeds diep afhanklik van ons Drie-enige God.

4
  • Die vroeëre Sustersorgansisasie het moontlik in
    die meeste gemeentes verdwyn en amper niemand
    hou meer maand-vergaderings-met-n-spreker nie,
    en tog bly dit n wonderlike voorreg dat die Here
    ons vrouens nog steeds in sy gemeentes en
    gemeenskappe op baie verskillende maniere gebruik
    om Sy liefde uit te dra.

5
  • n Wonderlike wisselwerking het begin plaasvind
    deurdat Sustersaksies deur die hele gemeente
    ondersteun word en dat die Susters weer deur die
    Kerkraad en ander komitees/ groepe ingespan word
    om SAAM te arbei. Die volgende is slegs enkele
    aksies wat tans in ons Bolandse gemeentes
    plaasvind

6
Agulhas
Vanaf 2006
46 Lidmate
6 Dooplidmate
52 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Agulhas,
Bredasdorp, Gansbaai, Napier, Riviersonderend,
Struisbaai, Swellendam en Waenhuiskrans
Die Jaareindfunksie word jaarliks saam met
Worcester se Susters in Swellendam gehou.
7
Agulhas (verv)
Samewerking met ander kerverbande In klein
gemeenskappe werk die verskillende
kerkgemeenskappe dikwels saam aan projekte. So
maak ons nie-bederfbare kositems bymekaar, wat
dan deur die NG-Kerk versprei word volgens
behoefte.
Breiprojek Items soos bv bedsokkies en
kombersies word gebrei en uitgedeel by die
ouetehuis 
8
Bellville
Vanaf 1957
488 Lidmate
85 Dooplidmate
573 Totaal
Sluit die volgende voorstede in Bellville,
Boston, Goodwood, Monte Vista, Oakdale,
Oosterzee, Panorama, Parow, Parowvallei,
Plattekloof, Proteavallei, Ruyterwacht,
Tygerberg, Vredelust Welgedacht, Welgelegen,
Welgemoed
9
Bellville (verv)
  • Gemeentefunksies Om die onderlinge band tussen
    lidmate te versterk en om fondse te help insamel.

Teeskink Sondae word tee bedien en met spesiale
geleenthede ook verver-sings (Paas- en
Kersuitvoerings, Kerk-vergaderings, begrafnisse,
Geloofs-belydenis, ens)
Seniors Lidmate bo 70 word gereeld besoek. Met
hul verjaars-dae/siekte ontvang hul ook n
geskenkie,of wat ookal van toepassing is.
10
Bellville (verv)
  • Lief en leed Wyksusters lê besoek in hul wyke af
    en verleen hulp waar nodig.

Russiese Federasie Evange-lisasie-aksie Een van
die susters van die gemeente is ons skakel met
die Stigting Friedensstimme in Europa, wat
evangelisasie doen in o.a.
die mees afgeleë streke in die noorde en ooste
van die Russies Federasie. Kinderklere en ander
items word hiervoor ingesamel.
11
Bellville (verv)
  • Skiereiland vir Christus Dit is die gemeente se
    evangelisasie-aksie onder jong kinders van
    verskillende kultuurgroepe uit n baie arm
    gemeenskap in ons buurt, waar die kinders
    blootgestel word/is aan gesinsgeweld, drank en
    middel-afhanklikheid, gesinsgeweld,
    enkel-ouerskap, kindermishandeling, ens. Hul
    blootstelling aan die Christelike godsdiens is
    beperk.
  • Een keer per maand kom n groepie kinders, via
    die samewerking van die skoolhoof van die
    betrokke laerskool. Die ouers vul n
    toestemmingsvorm in.

12
Bellville (verv)
  • Die kinders word gehaal en weer tuis besorg via
    vervoer deur ons broeders

13
Bellville (verv)
  • Met aankoms kry hul verversings

14
Bellville (verv)
  • Ds doen Bybelstudie

15
Bellville (verv)
  • Dan volg n kreatiwiteitsessie, bv maak van
    Juwele dosies

16
Bellville (verv)
  • Hierna kry hul n voedsame maaltyd en nagereg

17
Bellville (verv)
  • En dan kry elkeen ook nog n brood om huis toe te
    neem

18
Bellville-Oos
Vanaf 1972
789 Lidmate
216 Dooplidmate
1005 Totaal
Sluit die volgende voorstede in Bellville-Oos,
Brackenfell, Durbanville, Kraaifontein,
Kuilsrivier
19
Bellville-Oos (verv)
Sonop By Sonop, n tehuis vir liggaamlike en
verstandelike gestremdes, gee ons vir elkeen 'n
persoonlike verjaarsdaggeskenk
20
Bellville-Oos (verv)
Shiloh Shiloh Synergy is 'n groep projekte in
die Wallace-dene en Bloekombos informele gebiede
in die Wes Kaap wat poog om blywende en positiewe
verandering te bring aan minderbevoorregtes.
Voeding vorm n belangrike deel van die
uitreikaksie en die liefde van God word
terselfder-tyd in die aksies aan die mense
bedien. Ons gee maandeliks n bedrag geld wat vir
sending en kos vir kinders gebruik word.
Adriaan, die bydrae is vir Shiloh.
21
Clanwilliam
Vanaf 1914
53 Lidmate
9 Dooplidmate
62 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Clanwilliam,
Calvinia, Citrusdal, Doringbaai, Eedekuil,
Elandsbaai, Garies, Lambertsbaai, Lutzville,
Redelinghuys, Vredendal
22
Clanwilliam (verv)
Teedrink Omdat afstande ver is, en mens mekaar
nie so dikwels sien nie, word daar moeite gedoen,
om as daar n geleentheid is, saam te kan kuier
rondom n lekker koppie tee.
Tee en verversings word ook by spesiale
geleenthede voorgesit. Ons probeer besoekers en
nuwe intrekkers so gou as moontlik te laat tuis
voel.
23
Crossroads
From 1988
54 Members
36 Children
90 Total
Includes Khayelitsha, Nyanga, Gugulethu
More than a million people live here. There is 1
church for every 1,000 people (2001).
24
Crossroads (cont)
Soup Kitchen We run a Soup Kitchen. Twice a week
the hungry can get a nice helping of soup during
the morning.
25
Crossroads (cont)
Soup Kitchen At the moment we supply some of the
food ourselves or use other donations made to the
church. We are trying to get the involvement of
the community and the shops in the vicinity to
help donate ingredients.
26
Elsiesrivier
Vanaf 1972
150 Lidmate
60 Dooplidmate
210 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Belhar,
Bishopslavis, Bonteheuwel, Blue Downs, Delft,
Eersterivier, Elsiesrivier, Parowvallei
27
Elsiesrivier (verv)
Katkisasie Ons kinders is vir ons belangrik. Ons
help met die Katkisasie.
28
Elsiesrivier (verv)
Pretdag vir die jeug n Pretdag vir die jeug
verskaf ook groot plesier. Dan word daar gekuier
en gespeel, drie-beentjie gehardloop en
boontjiesak-resies gehou. En almal is nat na die
emmer-resies.
29
George
Vanaf 1966
351 Lidmate
66 Dooplidmate
417 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Blanco, Glentana,
Haroldsbaai, Hersham, Outeniqua-strand,
Victoriabaai, Wildernis
Ja, dis ver !
Alhoewel nie by ons Saamtrekstreek ingedeel nie,
is hulle ook genooi en twee van hul lidmate het
ons Saamtrek in Worcester kom bywoon. Dankie,
Anne-marie en Hester!
30
George (verv)
Gemeentefunksies Die Susters het n pragtige
kombuis ingerig wat wonderlik funksioneel is as
daar funksies gehou word, bv gemeente-etes,
skemeronthale, vleisbraaie.
31
George (verv)
Tuine Daar word groot moeite met die kerk se
tuine gedoen en sommige van hierdie funksies se
opbrengste word aangewend om die tuine in stand
te hou.
32
Grassy Park
Vanaf 1958
119 Lidmate
45 Dooplidmate
164 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Cornerstone Park,
Grassy Park,
Lavender Hill, Mitchells Plain, Parkwood,
Pelikan Park, Retreat, Steenberg, Strandfontein,
Southfield
33
Grassy Park (verv)
Tuinprojek Die tuinprojek is 'n inisiatief van
Selwyn Willemse. Hy werk saam met vrywillegers
van die gemeenskap. Dawn, een van die vroue by
die Saamtrek, is leier van die projek.  
34
Grassy Park (verv)
Tuinprojek Die grond waarop die tuin aangeplant
is, is die grond waarop die kerk in die toekoms
gebou gaan word.
Die sukses van die projek het die aandag van die
Munisipaliteit getrek en hulle skenk oorweging om
aan ons 'n oopstuk grond langs die sentrum te
voorsien om die tuinprojek uit te brei. Dan wil
ons 'n groentemark vir die mense in die omgewing
begin en ook opleiding in tuinbou gee.
Skoliere het alreeds die projek gekies as hulle
gemeenskapsprojek vir hul take by die skool. Die
gemeenskapskoerant, Plainsman, het 'n berig oor
die tuinprojek geskryf.
35
Grassy Park (verv)
Groente vir sopkombuis Die groente word gebruik
vir die sopkombuis wat op Donderdae by die
sentrum in Mitchell's Plain is. Groente word ook
vir die gemeenskap voorsien.
36
Grassy Park (verv)
Rekenaarprogramme Geakkrediteerde
Rekenaargeletterdheids-programme van die
Stellenbosch Computer Academy word ook gratis aan
lede van die gemeenskap aangebied.
37
Hermanus
Vanaf 2000
116 Lidmate
16 Dooplidmate
132 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Hermanus,
Gansbaai, De Kelders, Pearly Beach, Stanford
38
Hermanus (verv)
Snuffelmark Ons hou Snuffelmark. Alle klere en
huishoudelike items wat oorbly, skenk ons aan
Hermanus Hospice.
39
Hermanus (verv)
Hospice Behandeling in die Hospice is gratis en
die Hospice is hoofsaaklik afhanklik van
donasies, nalatings en die inkomste van hul
winkel, om hul te help finansier.
40
Kaapstad
Vanaf 1923
151 Lidmate
29 Dooplidmate
180 Totaal
Sluit die volgende streke in Kaapse
Skiereiland Vanaf Melkbos tot Kaappunt en ook
Robbeneiland
41
Kaapstad (verv)
Her-toewyding aan die Here Twee maal per jaar
het ons n projek waar ons, ons her-toewy aan ons
verhouding met die Here - die preke, katkisasie
en groepsgesprekke deur die week is dan om n
spesifieke tema gebou. Dié jaar is dit die
gelykenis van die "verlore seuns". Dit dien as
projek waar ons ook mense van buite (wat sou
wou), nooi om vir die tyd deel te word van
groeps-gesprekke.
Here, wat wil U hê moet ek doen?
42
Kaapstad (verv)
Warm harte, Geblikte liefde Onbederfbare kos,
warm slaapgoed en klere word na die gemeente in
Crossroads geneem.
Slaapsakke Lae koerante word oorgetrek met
plastiek en aanme-kaar geplak met "duct tape".
Dit word uitgedeel aan mense wat in die winter op
straat slaap.
43
Kleinmond
Vanaf 2006
86 Lidmate
9 Dooplidmate
95 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Bettysbaai,
Botrivier, Caledon, Klienmond, Pringlebaai,
Rooi-Els
44
Kleinmond (verv)
Blikkieskosprojek Blikkieskos word in
samewerking met die NG-kerk bymekaar gemaak. Dit
word deur die NG-kerk in die gemeenskap na
behoefte versprei.
45
Kleinmond (verv)
Fynboskombuis Dis ook n projek wat in
same-werking met die NG-kerk plaasvind. Hulle
maak bestanddele bymkaar en maak die etes. Ons
maak toebroodjies. Twee lidmate gaan help ook
weekliks om die kos by n sentrale punt te gaan
uitdeel.
46
Kleinmond (verv)
Siyabulela Kleuterskool Na gelang van behoefte
word finansiële of ander bydraes gemaak, bv die
maak en gee van Fleece kombersies.
47
Kleinmond (verv)
Kogelpark Ver-sorgingspark Vroeër het ons n
middagtee aangebied, maar daar bestaan nou n
groter behoefte aan kuier dus gaan lê ons
besoek af by die inwoners van die Versorgingspark.
Hoe gaan dit?
48
Paarl
Vanaf 1963
133 Lidmate
12 Dooplidmate
145 Totaal
Sluit die volgende dorpe in Paarl, Franschhoek,
Hermon, Klapmuts, Malmesbury, Moorreesburg,
Piketberg, Porterville, Ribeeck-Kasteel,
Riebeeck-Wes, Saron, Tulbagh, Wellington
49
Paarl (verv)
Toebroodjie-projek Danny Arendse, n
oud-bendelid, het in samewerking met die
verskillende kerkgemeenskappe n voedingskema by
die Laerskool Drakenstein begin. n Bybelse
boodskap word gegee.
50
Paarl (verv)
Toebroodjie-projek Elke dag word daar
toebroodjies vir ongeveer 200 kinders van die
skool en gemeenskap uitgedeel. Ons neem ook
maandeliks
deel aan hierdie projek.
Kerspartytjie En in Desember word daar
kers-partytjie gehou.
51
Stellenbosch
Vanaf 1967
272 Lidmate
46 Dooplidmate
318 Totaal
Sluit in die distrik van Stellenbosch
52
Stellenbosch (verv)
Sop-en-sang Om die gemeenskap van gelowiges
binne die gemeente te verstewig, word die senior
lidmate uitgenooi waar daar heerlik gekuier word
terwyl daar musiek gemaak en gesing word.
Dick, wat sing ons?
Ds Johan
53
Stellenbosch (verv)
Kuiergeleenthede En kan die Stellenboschers
kuier!
54
Strand
Vanaf 1978
244 Lidmate
56 Dooplidmate
300 Totaal
Sluit in die dorpe Gordonsbaai, Somerset-Wes en
Strand
55
Strand (verv)
Hulp aan ouetehuis Een van die vroue in ons
gemeente het afgekom op 'n ouetehuis in ons
gebied waar die mense slegs versorg word van die
ouderdomspensioen van elke inwoner.
Sy het toe voorgestel dat die gemeente deur hul
kaste gaan en ou handdoeke, lakens en komberse
gee.
56
Strand (verv)
Hulp aan ouetehuis
Die diakonie dra by tot aankoop van kos
57
Strand (verv)
Hulp aan ouetehuis Elke vrou maak 'n
skoendoosgeskenk met toiletware (seep,
tandeborsel, tandepasta, deodorant) met dan
ook iets lekker.
Net voor Kersfees word dit uitgedeel.
58
Vredenburg / Saldanha
Vanaf 1976
82 Lidmate
21 Dooplidmate
103 Totaal
Sluit in die dorpe Aurora, Hopefield, Koringberg,
Lange-baan, Moorreesburg, Pater-noster,
Piketberg, Redelinghuis, Saldanha, St Helenabaai,
Veld-drift, Vredenburg, Yzerfontein
59
Vredenburg / Saldanha (verv)
Te huis vir gestremdes Ons is betrokke by die
gestremde pasiënte. Ons bring besoeke en maak
broekiekouse bymekaar, wat in die
verpleegafdeling gebruik word om die pasiënte se
doek in plek te hou. Dit word ook gebruik om
verbande van bv brandwonde in plek te hou.
60
Vredenburg / Saldanha (verv)
Rehabilitasie Sentrum vir dwelm-verslaafdes Ds
Coetsee is betrokke by oplei-ding en
rehabilitasie. Inwoners kry slegs een maaltyd per
dag. Die Kerkraad borg inwoner(s) met R100 per
maand waarvoor hulle dan self die ander kos kan
koop. Lidmate verkoop ook sakke met 500 g Weetbix
_at_ R10 elk om fondse vir hierdie projek te
genereer.
61
Vredenburg / Saldanha (verv)
Verkopings Daar word gereeld op n
Saterdagoggend by die taxi-ranks verkopings
gehou van klere, wit olifante, en ou elektroniese
ware. Die opbrengs word aangewend vir skoolgeld
en klere vir behoeftiges.
62
Vredenburg / Saldanha (verv)
Woensdae se teedrink Ons verjarende senior
lidmate word maandeliks uitgenooi om saam te kom
kuier en teedrink.
63
Vrije Gereformeerde Kerk
Gemeentes wat vandag teenwoordig is
Belhar, Bellville, Leiden en Wesbank
64
VGK SA (verv)
Groenteprojek Groente word weekliks na
behoeftige gesinne op die Kaapse vlakte gebring
65
VGK SA (verv)
Breiklub Items word vir babas en kinders gebrei.
Wol word ook deur ander gemeentelede ingesamel
vir die breiers.
66
VGK SA (verv)
Bejaardebesoeke en handgemaakte kaartjies Rondom
hul verjaarsdag word bejaardes besoek en ontvang
n handgemaakte verjaarsdag-kaartjie.
67
Worcester
Vanaf 1954
153 Lidmate
32 Dooplidmate
185 Totaal
Sluit in die dorpe Ashton, Barrydale, Bonnievale,
Ceres, De Doorns, Mc- Gregor, Montagu,
Porterville, Rawsonville, Robertson, Swellendam,
Sutherland, Tulbagh, Villiersdorp, Worcester,
Wolseley
68
Worcester (verv)
Troetelpakkies Hierdie word by Robertson
Hospitaal en by die Polisie se Trauma Eenheid
uitgedeel aan getraumatiseerde vrouens en kinders
wat slagoffers is van aanrandings en verkragtings.
69
Worcester (verv)
n Affodil n Affodil, n bemoedigingsbriefie
word kwar-taaliks deur ds Paul Geertsema opgestel
en in die gemeenskap versprei aan diegene wat
bemoediging nodig het. Dit word ook in Braille
versprei.
70
Hoe brei mens die beertjies?
  • Enige wol, enige breipenne. Verander steke om
    beertjie groter of kleiner te maak. Begin by die
    voete. Voor- en agterkant is dieselfde. Brei dus
    twee.
  • Broek (kleur 1)
  • Sit 10 steke op en brei 34 rye. Knip wol af en
    hou steke op naald.
  • Sit weer 10 steke op (dieselfde naald met ander
    steke) vir die ander been en brei 34 rye.
  • Brei vlg ry dwarsdeur (maw brei ander 10 steke
    ook) (nout jy 20 steke) en brei n verdere 9
    rye. Knip wol af.
  • Hempie (kleur 2)
  • Brei n verdere 10 rye. (Dis die lyf)
  • Sit 10 steke op en brei hele ry tot einde.
  • Sit nog 10 steke op en brei hele ry tot einde
    (nout jy 40 steke).
  • Brei n verdere 16 rye (dis die bors en arms).
  • Heg 10 steke af aan die begin van volgende ry en
    brei tot die einde.
  • Heg weer 10 steke af aan die begin van vlg ry en
    brei tot einde (nout jy weer 20 steke).
  • Kop (kleur 3)
  • Brei n verdere 28 rye en heg in die vlg ry af.

71
1. Brei beer
2. Ryg rondom templaat
3. Trek rygdraad in, stop neusie op, werk paar
steke sodat stopsel nie uitval nie
72
4. Werk snoetjie
6. Stop op
5. Werk vas
7. Stop oortjies op, en werk vas met paar stekies
73
9. Gee beertjie oë (ons gebruik vilt)
10. Sit strikkie om nekkie
8. Ryg draad deur nekkie, en trek bietjie in
74
11. Bind kaartjie met strikkie vas
Dear Friend For God so loved the world that He gave his one and only Son, that who-ever believes in him shall not perish but have eternal life. John 316 May God be with you and keep you. Made especially for you with lots of love by all the grand-mothers of the Reformed Church Worcester, in Church Street, Worcester
Liewe Vriend God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Joh 316 Mag God met jou wees en jou beskerm. Spesiaal vir jou gemaak met baie liefde deur al die oumas van die Gereformeerde Kerk Worcester, in Kerkstraat, Worcester
12. Gee vir kindjie in nood
75
Elke Saamtrek-gas ontvang n beertjie.
Mag die Heilige Gees jou lei om dit te gee aan n
kindjie wat dit nodig het!
76
Gelowige vrou, in die hande van dié Pottebakker
Doen slegs U wil Heer U wil met my.
U, Pottebakker, met my, die klei. Vorm my en maak
my,
Net soos U wil. Op U bly wag ek, needrig en stil.
Saamgestel deur Joukje Geertsema van Worcester
(Sel 072 217 0013)
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com