Praktiese Christenskap - PowerPoint PPT Presentation

1 / 128
About This Presentation
Title:

Praktiese Christenskap

Description:

Praktiese Christenskap HOE KAN ONS ONS GELOOF ELKE DAG UITLEWE? NGK LAMBTON Hoe behoort ons ons Christenskap daagliks uit te lewe? Christus het self vir ons leidrade ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:1164
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 129
Provided by: NeelsKo
Category:

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Praktiese Christenskap


1
Praktiese Christenskap
  • HOE KAN ONS ONS GELOOF ELKE DAG UITLEWE?
  • NGK LAMBTON

2
Hoe behoort ons ons Christenskap daagliks uit te
lewe?
  • Christus het self vir ons leidrade gegee
  • Jy moet die Here jou God liefhê . En die tweede
    (gebod) wat hiermee gelyk staan jy moet jou
    naaste liefhê soos jouself(Mat 2237-40)
  • Want Ek het honger gehad en julle het my te ete
    gegee (Mat 2531-46)

3
Opdragte van Christus
  • Toe het Hy vir almal gesê As iemand agter My
    aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy
    kruis dra en My volg, (Lukas 923)

4
  • Jesus het ook al die wette en opdragte van God
    in twee Groot Gebooie opgesom.

5
Mat 2237-40. 37 Jesus antwoord hom Jy moet
die Here jou God liefhê met jou hele hart en met
jou hele siel en met jou hele verstand. 38 Dit
is die grootste en die eerste gebod. 39 En die
tweede, wat hiermee gelyk staan, is Jy moet jou
naaste liefhê soos jouself. 40 In hierdie twee
gebooie is die hele wet en die profete
saamgevat.
6
  • Die Groot Gebooie reguleer ons verhouding met God
    en met ander mense

7
  • Jesus se klem op mense wat minder bevoorreg as
    ons is kom duidelik na vore in Mat 2531-46 waar
    Hy grafies vertel (amper soos n videosnit) wat
    op die Oordeelsdag gaan gebeur wanneer alle mense
    (ons ingesluit) voor Hom as Regter gaan staan.
  • Met die beeld wat Jesus skets laat Hy geen
    onduidelikheid oor wat Hy bedoel met liefde en
    diens aan minderbevoorregte mense nie

8
31 Wanneer die Seun van die mens in majesteit
kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy
koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal
voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die
mense van mekaar skei soos n wagter die skape
van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en
die bokke links van Hom laat staan. 34 Dan sal
die Koning vir dié aan sy regterkant sê Kom,
julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk
is van die skepping van die wêreld af vir julle
voorberei. Neem dit as erfenis in besit,
9
35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee
om te eet Ek was dors, en julle het My iets
gegee om te drink Ek was n vreemdeling, en
julle het My gehuisves 36 Ek was sonder klere,
en julle het vir My klere gegee siek, en julle
het My verpleeg in die tronk, en julle het My
besoek. 37 Dan sal dié wat die wil van God
gedoen het, Hom vra Here, wanneer het ons U
honger gesien en U gevoed, of dors en U iets
gegee om te drink?
10
38 En wanneer het ons U n vreemdeling gesien en
U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere
gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die
tronk en U besoek? 40 En die Koning sal hulle
antwoord Dit verseker Ek julle Vir sover julle
dit aan een van die geringste van hierdie broers
van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.
41 Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant
sê Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan
na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele
voorberei is,
11
42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee
om te eet nie Ek was dors, en julle het My niks
gegee om te drink nie 43 Ek was n vreemdeling,
en julle het My nie gehuisves nie sonder klere,
en julle het My nie klere gegee nie siek en in
die tronk, en julle het My nie versorg nie. 44
Dan sal hulle ook antwoord Here, wanneer het
ons U honger of dors of n vreemdeling of sonder
klere of siek of in die tronk gesien en U nie
gehelp nie?
12
  • 45 En Hy sal hulle antwoord Dit verseker Ek
    julle Vir sover julle dit aan een van hierdie
    geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan
    My ook nie gedoen nie. 46 En hierdie mense sal
    die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van
    God gedoen het, die ewige lewe.

13
Watter minder bevooregtes of geringes is op
Jesus se hart? __________________ ____________
______ __________________ __________________ __
________________ __________________
Dorstiges
Hongeres
Vreemdelinge
Sonder Klere
Siekes
Gevangenes
14
In verse 41-46 maak Jesus dit duidelik dat waar
waar sulke geringes geminag is Hy dit
beskou dat die minagters ___________ self
geminag het.
Jesus
15
Hy brei die opdrag verder uit
  • 27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader
    is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike
    omstandighede by te staan en om jou skoon te hou
    van die besmetting van die wêreld. (Jak 127)

16
En verduidelik die konsep van naaste verder in
Lukas 1029-37
  • 29 Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en
    vra vir Jesus En wie is my naaste? 30 Jesus gaan
    toe nader daarop in deur te sê Toe 'n man
    eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo
    toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal
    uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê,
    en toe padgegee.

17
31 Dit gebeur toe dat daar 'n priester met
daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan
hy ver langs verby. 32 Net so het daar ook 'n
Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien,
gaan hy ook ver langs verby. 33 Maar 'n
Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom,
en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer
gekry. 34 Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met
olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy
hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe
geneem en hom daar verder versorg.
18
35 Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit
en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê
"Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het,
sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom."
36 Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste
van hom wat onder die rowers verval het? 37 Die
wetgeleerde antwoord Die man wat aan hom medelye
bewys het. Toe sê Jesus vir hom
Gaan maak jy ook so.
19
Die tweede groot gebod is die kern van die Kerk
se opdrag na die wêreld!
20
Die Groot Opdrag aan elke Christen
  • 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die
    nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader
    en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om
    alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat
    28)

21
  • En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig
    ander aangestel en hulle twee-twee voor Hom uit
    gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. (2)
    Hy sê toe vir hulle die oes is wel groot, maar
    die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes
    dat Hy arbeiders in sy oes sal uitstuur. (Luk
    101-2)

Wie is die arbeiders? Waar is die veld met die
oes?
As jy nie die antwoorde hierop (a) persoonlik en
(b) presies weet nie, hoe sal jy die Groot
Opdrag kan uitvoer?
22
Die Groot Vraag
  • Hoe lyk jy vandag as jy jou teen Christus se
    opdragte spieël?
  • Jy mag sê My lang ure . My probleme Wat van
    die pastoor en leierskap ek gee bydrae en hulle
    doen

23
Voer u die Groot Opdrag uit?
  • Of dink jy dit is nie op jou van toepassing nie?
  • Of gee jy geld vir sending en was dan jou hande
    in onskuld?
  • Of bekommer jy jouself somtyds daaroor en vra,
    Here, wat kan ek doen?

24
Feite oor tradisionele evangelisasiemetodes
  • Ongeveer 4 van die mense in die gemiddelde
    gemeente het die gawe van evangelisasie (en by
    baie is die gawe latent).

25
Verder wys hedendaagse inligting oor mense wat
tot bekering kom (duisende elke dag oor die hele
wêreld) dat ongeveer 4 van die mense wat tot
bekering kom dit doen as gevolg van direkte
evangelisasiemetodes. Meeste mense - 75-90 -
kom tot bekering as gevolg van n verhouding of
n reeks verhoudinge en interaksies met gewone
Christene.
26
  • Verder blyk dit dat baie van die 75-90 deur
    omtrent 18 mikrobesluite beweeg op hul pad vanaf
    anti-Christen tot volle dissipel. En gewone
    Christene wat hulle teekom help hulle om
    antwoorde op hul vrae te kry.

27
Dit is soos Slangetjies en Leertjies
  • Wat ons as Christene tussen nie-Christene doen
    mag hulle die leertjie ophelp of met die
    slangetjie afdruk!

28
  • Hierdie navorsing bevestig die verskriklike
    belangrikheid van ons gedrag as Christene in ons
    alledaagse lewe!

29
Waar is ons sendingveld?
  • Omtrent 10 van die mense wat sê hulle is
    Christene kom ooit kerk toe.
  • Wat beteken dit vir Suid-Afrika?

30
Die oesHoe lyk Suid-Afrika?
SA
Christene 79,8
Ander gelowe 3,8
Geen geloof nie 15
Geen inligting 1,4
Totaal 100
31
  • Hoewel ongeveer 79 Suid-Afrikaners in die 2001
    sensus gestateer het dat hulle aan een of ander
    Christen denominasie behoort, kom ongeveer 3-10
    van hulle ooit gereeld in n kerkgebou en is
    ongeveer 10-20 van die kerkgangers werklik
    aktief as Christene in hul gemeente!

32
  • Wat ook al jou teologiese standpunt is omtrent
    ewige redding en om na jou dood hemel toe te gaan
    die Bybel is duidelik daaroor dat iemand wie se
    lewe nie sy geloof reflekteer nie, in gevaar
    staan om ewige reddig te mis.
  • Lidmaatskap van n kerk of sekere denominasie
    gaan jou nie red nie!

33
  • Dit is so dat talle Christene hul geloof uitleef
    sonder om ooit kerk toe te gaan. Talle ander, wat
    nie veel in die kerk doen nie, is wel buite die
    kerk betrokke en doen individueel of deur
    buite-kerklike organisasies (Christelik of
    sekulêre) baie goeie dade. Ons dink egter nie dat
    die Suid-Afrikaanse ongekerkte Christene 10 (n
    hoë skatting) kan oorskrei nie.

34
  • Die 10 gereelde kerkgangers en 10 aktiewe
    ongekerktes gee ons n totaal van 20
    Suid-Afrikaanse Christene wat Jesus as Verlosser
    en Koning mag ken.
  • Die 20 is waarskynlik n oorskatting, wat
    presies is wat ons wil doen om die drastiese
    situasie te illustreer!
  • Die 20 korreleer wel goed met die 19,3 skatting
    van geredde Christene in SA in die 2001 uitgawe
    van Operation World wat op n totaal ander
    manier bereken word.

35
  • Ander gelowe saam is net ongeveer 4 van die
    mense in Suid-Afrika.
  • Die grootste ander groep is die wat geen
    godsdiens het nie, nl. 15.

36
Jy sal saamstem dat daar dus drie hoofgroepe
mense in Suid-Afrika is wat vir Christus bereik
moet word (die oes) Die wat in naam Christene is
maar nie hul geloof uitlewe nie (omtrent 60 van
die bevolking) Die wat vals gelowe aanhang
(4) Die ateïste (15)
37
Met ander woorde
  • Amper 8 uit elke 10 mense rondom ons is geestelik
    verlore en het Jesus Christus as Verlosser nodig!
  • Praat van n nasionale krisis!
  • Die oes in Suid-Afrika is gewis groot!

38
  • Wie gaan hulle bereik en hoe?

39
  • Predikante?
  • Ouderlinge/leierskap?
  • Kleingroepleiers?
  • Die Sending/evangelisasie Aksie?
  • Diensgroepe?
  • Dus omtrent 10 van kerkgaande lidmate

40
Wat sê die Here?
  • 11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as
    profete, ander as evangeliste, ander as herders
    en leraars,12 om die heiliges toe te rus vir
    hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van
    Christus (Ef 4)

41
Jy IS voltyds in die bediening!
  • Wat jy ook al doen en as jy ouer as tien is en
    jonger as 100 behoort jy aktief in dienswerk vir
    God te wees!
  •  

42
Selfevaluering!
  • Ons gaan eendag rekenskap gee van dit wat ons
    gedoen het, ja selfs van elke ligsinnige woord
  • Die rekenskap gaan onder andere gaan oor hoe ons
    Jesus se opdragte uitgevoer het!
  • Evalueer gaan jou werke soos kaf verbrand word
    of soos goud wees? (1 Kor 312-15)

43
Wat kan ons ander doen?
  • Baie van julle sê nou Ek is OK. Wel en ek sê mag
    God jou seën vir die wonderlike dinge wat jy in
    Sy Naam doen. Jy is egter omtrent 10 van die
    lidmate van jou gemeente! Dink dus hoe jy hulle
    kan help!
  • Wat van die 90 met minder talente, baie
    omstandighede en min geleenthede?

44
Dink bietjie aan jou gemeente!
45
Werk jou gemeente na binne of buite?
  • Alles wat julle reeds doen is goed maar baie
    mense werk net na binne in die kerk die kerk
    werk nie na die gemeenskap daar buite nie.
  • Beoordeel self julle diensgroepe
    Beradingsentrum, Finansies, Admin, Kommunikasie,
    Eiendomme, Kinderkerk, Gemeentetoerusting,
    Musiek, Armsorg, Jeug, Klank/videos/DVDs, Vroue
    Aksie, Gasvryheid, Siekebesoek en Gebed

46
Wat is jou persepsie van n gemeente?
Watter een van hierdie beelde beskryf oor die
algemeen ons kerkbelewing in die Gereformeerde
Kerk die beste?
Vliegdekskip?
Plesierboot?
47
  • Op n vliegdek skip
  • Word die soldate opgelei en dan vir oorlog
    uitgestuur
  • Is daar sisteme om die vyand te herken, op te
    spoor en te beveg
  • Is daar n bevelvoerder wat verwag dat sy
    soldate sal doen wat dit ookal verg selfs sterf
  • Is die wat op die skip agterbly die
    ondersteunings-korps vir hulle wat veg
  • Het almal dieselfde oorhoofse doel in gedagte
    wen die oorlog ten alle koste

48
  • Op n plesierboot
  • Is almal erg begaan oor hulle eie gemak
  • Is daar sisteme om die passasiers se behoeftes
    te leer ken en te dien
  • Is daar n bevelvoerder wat net verwag dat die
    passasiers sal opdaag en reiskoste sal betaal
    hy en die bemanning doen die res
  • Is die bemanning van die skip begaan oor die
    passasiers se uiteenlopende behoeftes
  • Het almal dieselfde oorhoofse doel in gedagte
    die passasiers se plesier en dat hulle by die
    oorkoepelende reëls hou.

49
God se visie?
  • Wat dink u is God se visie vir Sy Kerk n
    oorlogskip of n plesierboot?
  • Interngefokus of missionêr?
  • Maar hoe kan ons iets doen?

50
Stel jou voor n kerk waar
  • Elke gelowige hom/haarself sien as n dienaar van
    Jesus in ALLE WERKPLEKKE op kantoor, in die
    fabriek, in die winkelsentrum, by die fliek
  • Waar elkeen sy geloof in die markplek ingedra,
    die pad aangewys deur Jesus self
  • Werkplekdienaars word toegerus op Sondae en werk
    dan vir die koninkryk Maandag tot Saterdag
  • Prediking fokus spesifiek uitwaarts, en
    beklemtoon dat ALLE werk n roeping van God is
    n geleentheid om Hom 24/7 te dien
  • Elke Christen n nuwe daaglikse fokus het, om te
    lewe volgens Bybelse beginsels, maar meer om sy
    onmiddellike omgewing te transformeer

51
L-10-T is so n antwoord!
  • Jesus het vir sy Kerk n radikale nuwe manier
    (twee duisend jaar gelede) gegee waarmee almal in
    die Kerk betrokke kan wees in bedieningswerk.
  • Ons noem dit Lukas 10 transformasie.

52
Lukas 10 1-9 1 Daarna het die Here twee en
sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor
Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy
van plan was om te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê
Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid
dan die Here aan wie die oes behoort, om
arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou!
Maar onthou Ek stuur julle soos lammers tussen
wolwe in.
53
  • 4 Moenie n beurs of n reissak of skoene
    saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery
    tyd verkwis nie. 5 As julle in n huis kom, moet
    julle eerste woorde wees Vrede vir hierdie huis
    6 As daar iemand woon vir wie die vrede bestem
    is, sal die vrede op hom bly so nie, sal dit na
    julle toe terugkom.

54
7 Moenie van een huis na die ander trek nie, maar
bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle
voorhande het, want die arbeider is geregtig op
sy loon. 8 As julle in n dorp kom en hulle
ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle
voorsit. 9 Maak die siekes daar gesond en sê vir
die mense Vir julle is die koninkryk van God
baie naby!
55
Ons het uit bogenoemde opdrag van Jesus 4 stappe
gehaal om vir die gewone Christen vandag n
riglyn te gee om Jesus Christus na buite in sy
gemeenskap te volg. Terselfdertyd gaan jy begin
om meeste van Sy opdragte uit te voer!
56
Die Stappe is
  1. Vra die Here se seën of vrede waar jy gaan
  2. Bou verhoudings/Samesyn (fellowship)
  3. Bevredig behoeftes (die nood wat mense het)
  4. Vertel van Jesus

57
Twee kriteria vir L-10-T
  • Elkeen ouer as 12 en jonger as 100 moet dit kan
    doen (en ons het L-10-T vir voor- en
    laerskoolleerlinge ook!).
  • Jy moet kan L-10-T daar waar jy in jou normale
    lewe van Maandag tot Saterdag (en Sondae ook)
    rondbeweeg! Jy hoef nie spesiale byeenkomste by
    te woon om te kan L-10-T nie.

58
Kwalifikasies?
  • Jy moet met alles in jou Jesus wil liefhê en n
    lewe wil lewe wat Sy hart sal verbly!

59
Begin dadelik L-10-T!
  • As jy vandag hier weggaan moet jy probeer om die
    L-10-T stappe te begin doen!

60
Kom ons kyk nou wat sê mense wat reeds L-10-T
  • Hierdie 10 minute video is beskikbaar op ons
    bekendstellings DVD.

61
Lukas 10 transformasie (L-10-T)
  • Stap 1 Vra God se seën (bid Sy vrede of liefde
    toe) op elke plek en sy mense
  • Doen dit by enige plek en vir die mense aldaar
    waar jy normaalweg gedurende die week beweeg
  • Jou werkplek
  • Jou koopplek
  • Jou uiteetplek
  • Jou speelplek
  • Ens

62
Dar is niks wonderlikers as die Here se seën nie!
  • Lees Deut 281-14
  • En ons vra dit nie vir onsself nie maar vir
    almal wat ons elke dag ontmoet!
  • Maar dit is ook nie altyd maklik nie

63
Mat 543-48 43 Julle het gehoor dat daar gesê
is Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet
jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle Julle moet
julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié
wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan
wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers
sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat
reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd
doen.
64
  • 46 As julle net dié liefhet wat vir julle
    liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag?
    Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47
    En as julle net julle broers groet, wat doen
    julle meer as ander? Maak die heidene nie ook
    maar net so nie? 48 Wees julle dan volmaak soos
    julle hemelse Vader volmaak is.

65
In L-10-T leer ons dus ook om te vergewe
  • Ons mag nie onvergewensgesind wees nie kyk na
    die Onse Vader!

66
Mat 612, 14-15 12 en vergeef ons ons
oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons
oortree...... 14 As julle ander mense hulle
oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader
julle ook vergewe. 15 Maar as julle ander mense
nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie
julle oortredings vergewe nie.
67
Vergiffenis is n proses
  • Begin nou, maar gaan in detail deur stap 1 in die
    L-10-T Opleidingsgids om dit behoorlik te doen!

68
Hierdie eerste stap van L-10-T is n uitdrukking
van die Tweede Groot Gebod, want die grootste
geskenk wat jy iemand kan toebid is die HERE se
seën, aanraking of vrede vir vriend en vyand!
69
L-10-T Stap 2 Gesellige samesyn/ Bou Verhoudings
  • In Stap 2 kyk ons na die mense rondom ons, waar
    ons werk, studeer, koop of speel met die oë van
    n evangelis Het hulle Jesus in hul lewens
    nodig? Dra hulle die vrugte van die Heilige
    Gees? Is hulle openlik Christelik, maar hul
    gedrag vertel n ander storie.
  • Probeer om verhoudings met hulle te bou.
  • Kuier, eet en drink gesellig - samesyn!
  • Die doel is om deur die mense om u vertrou te
    word as n gewone mens
  • Natuurlik moet u nie enige waardes in die slag
    laat bly nie
  • Vertel van Christus maar moenie woorde gebruik
    nie!

70
Kyk ook na jouself!
  • Is daar enigiets in jou gedrag waar jy in
    verskillende kringe beweeg wat mense wat die Here
    nie ken nie van Hom sal afsit as hulle weet jy is
    n Christen!
  • Onthou die slangetjies en leertjies!
  • Jy is n evangelis of jy nou wil of nie die
    vraag is of jy mense wegdryf of nadertrek!

71
L-10-T Stap 3
  • Luister na enige behoefte wat daar is klein en
    groot!
  • Dit is in die kern van die diaken se werk!!
  • Maar nou doen elkeen daaraan mee!

72
As jy van so n behoefte hoor, kan jy dan, op n
aangewese tyd, die persoon help deur fisies (bv
deur geld te gee) of emosioneel (bv deur te
vertroos, te luister of net daar te wees) die
persoon te ondersteun en/of vir die persoon en
die situasie te bid en daardeur Sy Groot
Helpende Hand in die situasie in te bring.
73
Lees Jak 215-16
  • 15 Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie
    klere het nie en dag vir dag honger ly,16 en sê
    nou een van julle sou vir hulle sê Mag dit met
    julle goed gaan gaan trek julle warm aan en eet
    genoeg, maar julle gee nie vir hulle wat hulle
    nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?

74
Daar is drie vlakke van gebed in Stap 3
? Jy kan sag of met n vriend bid (almal kan dít
doen!)
? Jy kan die persoon vra of jy vir die behoefte
vir hom/haar kan bid. Indien die antwoord
positief is kan jy n eenvoudige gebed vir die
persoon doen, gewoonlik weg van ander mense af.
? Jy kan n persoon vra of daar n sekere
behoefte is waarvoor jy vir hulle kan bid (meeste
mense het een of ander behoefte, al is dit net
vir die vrede of seën van God).
75
  • Wanneer jy vir mense in die openbaar bid (vlak 2
    en 3 gebed), doen dit met groot sensitiwiteit en
    sonder ophaal.

76
Lees Mat 65
  • 5 Verder, as julle bid, moet julle nie soos die
    skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in
    die sinagoges en op die straathoeke te staan en
    bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker
    Ek julle Hulle het hulle beloning klaar weg.

77
Die wonderlike daarvan om vir n behoefte te bid
is dat meeste mense - Christen, Moslem, Hindoe,
New Ager of ateïs altyd ja sal sê vir gebed!
As die persoon nee sou sê? Wel dan sê jy OK
draai weg en bid in elk geval saggies vir die
situasie en natuurlik ook vir die nood wat deur
die nee uitgeroep word!
78
  • Wanneer jy Stap 3 vlak 3 gebed doen (waar jy
    iemand vra of daar iets is wat jy voor kan bid)
    sal jy gewoonlik vind dat mense onmiddellik
    reageer asof hulle vir jou vraag gewag het.

79
  • Partymaal aarsel mense dit is gewoonlik omdat
    die probleem persoonlik is.
  • Dus, as jy sien iemand aarsel dan sê jy vir
    hulle dat hulle nie vir jou hoef te sê wat dit is
    as dit persoonlik is nie.
  • As dit persoonlik is sal hulle dan vir jou so sê
    en jy kan bid want die Here weet wat die probleem
    is.

80
  • As die persoon sê dit is nie persoonlik nie en
    steeds aarsel dan is dit omdat hulle nie op
    daardie oomblik aan iets kan dink nie.
  • Dan vra jy of die persoon sal omgee as jy vir die
    Here se seën of vrede op hom/haar lewe mag bid
    die reaksie is gewoonlik n onmiddellike ja.

81
Doen dit!
  • BID NOU VIR N MAAT SE BEHOEFTE!

82
L-10-T kan uitgebrei word na organisasies toe!
  • Ons het tot dusver na L-10-T in n een-tot-een
    verhouding gekyk.
  • Dit is ook moontlik om L-10-T in een-tot-groep,
    groep-tot-groep en groep-tot-individu verhouding
    te doen.
  • Voorbeelde
  • Mas wat met n lokale munisipaliteit of skool
    L-10-T.
  • Besigheid wat spesifieke behoeftige studente deur
    universiteit L-10-T
  • n Gemeente wat n behoeftige gemeente L-10-T

83
Jy weet nie waarheen jou L-10-Tery mag
lei nie!
  • Gelei deur die Heilige Gees kan individue
    organisasies soos skole, besighede,
    regeringsdepartemente, hospitale, en
    polisiekantore nader en met hulle en hul mense
    L-10-T.
  • Party van die kragtigste voorbeelde van L-10-T
    tot op datum het gebeur wanneer individue vir
    organisasies en hul mense begin omgee het!

84
  • Stel jou voor wat die effek op jou stad, dorp of
    streek sal wees as Christene kan begin saamwerk
    sodat elke huis of besigheid voor gebid word op
    n daaglikse basis
  • dat die inwoners/werknemers/eienaars weet dat
    daar vir hulle gebid word en deur wie
  • en dat hulle mag deelneem deur gebedsversoeke
    deur te gee.
  • Dit is moontlik!

85
L-10-T Stap 4
  • Vertel die Goeie Nuus
  • As enigiemand u vra oor u geloof of hoekom u
    doen wat u doen - vertel!
  • As u dit reeds doen en/of die gawe van
    evangelisasie besit dan kan u natuurlik
    spontaan vertel
  • Andersins NET as iemand u vra of die Heilige
    Gees u beveel

86
En VAT VYF!
  • VAT VYF is n toepassing van L-10-T binne stap 4
    op ongeredde mense of teruggevalle Christene

87
Gebedsevangelisasie
  • Vat Vyf is n Gebedsevangelisasie -strategie wat
    jy mag gebruik om effektief te bid vir mense, wie
    die Here op jou hart lê, wie Sy seën en
    verlossing in hul lewens nodig het.

88
Vat Vyf
  • Eerste van Vyf Lys vyf name van mense wie u weet
    Christus nie ken nie of wie teruggevalle
    Christene is of wie God se seën in hul lewens
    nodig het.

89
Tweede van Vyf
  • Bid vir elkeen van hierdie persone vir een minuut
    elke dag, vir hulle verlossing of terugkeer na
    God en enige ander behoefte wat hulle mag hê.

90
Bid vir Vyf Lewensareas
  • Ligaam - gesondheid, beskerming, krag
  • Werksplek - werk, inkomste, sekuriteit
  • Emosies -vreugde, vrede, hoop, liefde
  • Sosiaal -huwelike, familie verhoudings, vriende,
    bure
  • Geestelik -verlossing, geloof, genade,
    barmhartigheid, geestelike groei

91
Spesifieke gebed rondom bekeringsvrae
  • Wanneer U vir die redding van mense bid, kan U
    ook vir God vra dat deur die werking van die
    Heilige Gees hulle hulself die volgende vrae sal
    afvra
  • Wie kan ek vertrou?
  • Wat is my doel in die lewe?
  • Wanneer sal ek vry wees van my laste?
  • Waarheen gaan ek na die dood?
  • Waarom haat ek God?/Waarom hardloop ek weg van
    Hom?
  • Hoe moet ek my probleme hanteer?
  • Waar sal ek veilig wees?/Wie kan my beskerm?

92
Derde van Vyf
  • Gee om vir jou vyf mense deur Stap 3 van L-10-T
    spesifiek op hulle toe te pas deur hulle te help
    in hul nood en hul laste te dra by elke moontlike
    geleentheid.

93
Vierde van Vyf
  • Wees gereed om die goeie nuus van Jesus se
    verlossing vir hulle met hulle te deel, volgens
    L-10-T Stap 4.

94
Vyfde van Vyf
  • Volhard in gebed vir die mense op jou lys tot
    hulle Christus ontmoet, of ten minste vir een
    jaar.
  • As dit familie is moenie ophou nie.

95
Is dit te veel gevra?
  • en pas op dat niemand in die genade van God
    veragter (of mis) nie (Heb 1215a, my
    onderstreepte woorde)

96
DIE NUWE ARBEIDER IN DIE OES
  • ALLE CHRISTENE IN DIE WERKPLEK!!

97
L-10-T
PREDIKANTE EN KERKRAAD
DIE KERK IN DIE WERKPLEK/MARKPLEK
SEëNINGE
BOU VERHOUDINGS
HELP EN BID
VERTEL
DIE VERLORENES EN BEHOEFTIGES
98
DIE DRIE-ENIGE GOD
JOU VRIENDE
JOU WERKPLEK
JOU BINNEKAMER
JOU KOOPPLEK
L-10-T
JOU GESIN
JOU SPEELPLEK
JOU GEMEENTE
JOU FAMILIE
99
Die Effek?
  • Wat is nou eintlik die effek van L-10-T?

100
En as julle terugkom.
  • 17 Die twee en sewentig het vol blydskap
    teruggekom en gesê Here, selfs die bose geeste
    onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.
  • 18 Toe sê Hy vir hulle Ek het die Satan soos n
    weerligstraal uit die hemel sien val. (Lukas 10)

101
Moenie grootkop kry nie!
  • 19 Kyk, ek gee aan julle die mag om op slange en
    skerpioene te trap, en oor al die krag van die
    vyand en niks sal julle ooit skade doen nie.
  • 20 Maar moenie daaroor bly wees dat die geeste
    aan julle onderworpe is nie, maar wees bly dat
    julle name in die hemel opgeskrywe is. (Lukas 10)

102
En in dieselfde uur
  • 21 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur
    die Heilige Gees dit uitgejubel Ek prys U,
    Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie
    dinge vir slim en geleerde mense verberg het en
    dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader,
    so was dit u genadige bedoeling. (Lukas 10)

103
Vandag kom hulle steeds terug
  • Oral in die Suid-Afrika en oor die hele wêreld
    waar mense begin L-10-T kom hulle steeds terug
    met blydskap oor die wonderdade van God.
  • U sal dit ook beleef!

104
Jesus het gesê Volg My kry nou betekenis
  • U gaan daagliks waar u gaan begin om in Sy
    teenwoordigheid te wandel.
  • U kan met Hom praat in stiltetyd oor wat gebeur
    en Hy sal U vertel.
  • Jesus se gebooie gaan baie meer betekenis vir u
    kry.

105
Maar dit moet n lewenswyse word!
  • Daarom moet daar gereelde terugvoer en
    aanmoediging wees
  • L-10-T moet deel van die DNA van die gemeente of
    organisasie word!

106
Die belangrikheid van daaglikse of minstens
weeklikse terugvoer
  • Probeer ALTYD n plek of persoon kry waar jy kan
    kom terugrapporteer oor wat met jou week se
    L-10-T gebeur het!
  • Net soos die dissipels van ouds het ons nodig om
    te kan vertel en om aangemoedig te word en ook
    andere aan te moedig.

107
Waar?
  • Dit kan gebeur in die Christelike vereniging in
    jou skool of op jou kampus of by jou werk.
  • Andersins in die gesin, by n vriend of
    onderwyser, in jou kleingroep, by die Sondagskool
    of op Sondae by jou gemeente.
  • Jy kan ook n kuberplek soos Google Groups vir
    die doel gebruik.

108
Hoekom is gereelde terugvoer nodig?
  • Help ons onthou
  • Help ons om nie lui te word en te stop nie
  • Help ons om die nuwe lewenswyse te internaliseer
  • Motiveer ons as ons hoor hoe andere vertel wat
    gebeur het

109
  • Motiveer ons om meer te doen om selfs hardop
    vir mense in nood te bid of kragtiger te wees in
    ons vertel van Jesus vir andere.
  • Help om mense te bemoedig wat n Nee ondervind
    het.
  • Bemoedig ons om aan te hou en meer mense deur
    L-10-T te bereik.

110
Kry nou n maat (Buddy)!
  • Jesus het die dissipels twee-twee uitgestuur.
  • Jy kan vandag iemand kies/vra om jou buddy te
    wees en jy sal syne/hare wees.
  • Julle verbintenis is om mekaar te help om L-10-T
    n lewenswyse te maak.

111
  • Jy MOET verantwoordelikheid aanvaar om êrens by
    n gereelde terugvoersessie in te skakel en n
    buddy te hê!
  • Dit is noodsaaklik vir hierdie nuwe lewenswyse
    van jou met God!

112
L-10-T is net die begin
  • U kan die Bybelse beginsels van u werkplek meer
    doelgerig leer en begin uitleef.
  • U kan bv n werkplekbediening begin
  • By die werk
  • By die skool

113
Wat is werkplekbediening?
  • Werksplek bediening is n spesifieke fokus daarop
    om mense toe te rus sodat elkeen sy/haar
    spesifieke werk in elke sfeer van die samelewing
    sal beleef as n heilige roeping van die Here.

So heres what I want you to do, God helping you
Take your everyday, ordinary life and place it
before God as an offering. Dont become so well
adjusted to your culture that you fit into it
without even thinking. Instead, fix your
attention on God. Youll be changed from the
inside out. Romans 121,2 (The Message)
114
L-10-T is die rots waarop ons kan bou
E I ENAAR
BYBELSE BEGINSELS
BESIGHEIDSLEIER
WERKNEMER
BEJAARDE
STUDENT
X X X X
L-10-T
115
Voorbeelde
  • As werknemer
  • Jou pos as n roeping
  • Werk soos vir Christus
  • Uitmuntendheid
  • Eties
  • Werklike beloning van God
  • Biddend werk in/met Sy Teenwoordigheid

116
As Besigheidsleier/Eienaar
  • Werknemer Plus
  • Die Christen as leier
  • n Dienskneg
  • n Voorbeeld
  • Aan wie behoort jou besigheid werklik?
  • Wat is dan jou taak?
  • Skoei jou besigheidsbeleid daarop

117
Waar eindig dit?
  • L-10-T is die begin die einde is God se unieke
    roeping op U lewe!
  • En eendag díe woorde
  • Mooi so goeie en getroue dienskneg! Oor weinig
    was jy getrou oor veel sal Ek jou aanstel.

118
Om nie net hoop te gee nie, maar
  • Hoop te DOEN!!!

119
God se Vermenigvuldiging!
  • Nou kan ALMAL die Groot Opdrag uitvoer!
  • Dink net! Meeste van jou gemeente se lidmate en
    hoërskoolleerlinge beweeg van Maandag tot
    Saterdag uit en bring God se teenwoordigheid oral
    waar hulle gaan!
  • Jy, en jou gemeente het nou .

120
THE CHALLENGE
n Uitdaging
121
Jy kan môre begin!
  • Onthou hoef niks meer spesiaals te doen as die 4
    stappe nie.
  • Jy moet BINNE 4 DAE begin!
  • Onthou jy kan sag bid as jy nie reg is om hard te
    bid nie.
  • Julle kinders kan dit ook begin doen beslis
    julle hoërskoolleerlinge!
  • Julle kan die hele kerk mobiliseer om te L-10-T!
  • Onthou almal moet kan terugkom en vertel!

122
Om môre te begin moet jy vandag
  • Lukas 101-37 ja tot by die barmhartige
    Samaritaan weer gaan lees.
  • Bid die Here van die sending om jou te help om te
    begin L-10-T!

e
123
Hoe doen ons dit in n gemeente?
Bekendstelling
Leierskapopleiding
Kleingroep/diensgroep/wykopleiding
Res van die gemeente
124
Waarom opleiding vir L-10-T?
  • Ons wil hê almal moet L-10-T!
  • Ons moet mense help om deur weerstand tot
    verandering te breek!
  • L-10-T moet n lewenswyse word!

125
Toerusting
  • Daar is opleiding vir
  • Grootmense
  • Jeug
  • Opleiers
  • Ons is daar vir julle!
  • Ons help baie keer vir elke gemeente om n
    spesifieke implementeringsplan uit te werk.
  • Sien ons kontakinligting

126
Hoe word die opleiding aangebied
  • Die opleidingskursus word die beste oor 12 ure
    aangebied.
  • Dit kan in 8 weeklikse1,5 ure sessies gedoen word
    of
  • 6 weeklikse 2 uur sessies
  • Of enige ander kombinasie wat vir julle gemeente
    of organisasie sal werk!

127
Materiaal vir Opleiers
  • L-10-T Opleiers PowerPoint
  • Die L-10-T Inligtingsgids en
  • L-10-T Opleiersgids (Item D)
  • L-10-T Opleidingsgids (Item B)
  • L-10-T Opleidings PowerPoint
  • L-10-T Bekendstellings DVD (with How To) bevat 10
    minute L-10-T video met 30 minute How to
    aanbieding alles in Engels (Item A)
  • L-10-T Training DVDs hierdie is 4 opleidings
    DVDs (in Engels) wat saam met die Engelse of
    Afrikaanse opleidingsgids gebruik kan word vir
    groep of individuele studie. (Item C)

128
Kontak Inligting
  • W Joubert 082 650 5684
  • Fax 011 824 3141
  • E-mail wjoubert_at_icon.co.za
  • Jerigo Mure Witwatersrand kantoor
  • Lenthia of Genevieve 011 824 1985 (800 1600
    weeksdae)
  • lenthia_at_jwipn.com infowits_at_jwipn.com
  • www.jwipn.com Kyk gereeld vir nuwe materiaal op
    hierdie webtuiste!
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com