Praktiese benadering tot allergie - PowerPoint PPT Presentation

1 / 44
About This Presentation
Title:

Praktiese benadering tot allergie

Description:

Praktiese benadering tot allergie Dr Jannie Kock Oor Neus en Keel spesialis Eug ne Marais hospitaal Geskiedenis van allergie Term eerste gebruik deur Clarens von ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:154
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 45
Provided by: JKo75
Category:

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Praktiese benadering tot allergie


1
Praktiese benadering tot allergie
  • Dr Jannie Kock
  • Oor Neus en Keel spesialis
  • Eugéne Marais hospitaal

2
(No Transcript)
3
(No Transcript)
4
(No Transcript)
5
(No Transcript)
6
(No Transcript)
7
Geskiedenis van allergie
  • Term eerste gebruik deur Clarens von Pirquet in
    1906
  • Vanaf Griekse woord allos (ander) en ergos
    (aktiwiteit)
  • Atopie onstaan in 1923 vanaf Grieks atopos
    wat uit plek beteken
  • IgE is in 1960 identifiseer

8
Geskiedenis van allergie
  • Vandag beteken allergie meer spesifieke IgE
    medieerde reaksies volgens Kim en Drake-Lee
  • Ander outeurs sluit alle immunologiese response
    in, (soos beskryf deur Gell en Coombs in 1968)
    wat volg op omgewingsantigene wat lei tot
    weefselinflammasie en orgaandisfunksie
  • Seisoenale allergie reeds in 1565 beskryf deur
    Bottallo
  • Subkutane inspuiting met stuifmeelekstrak in 1910
    gedoen was die begin van desensitisering

9
Prevalensie
  • Allergiese rinitis (AR) in kinders en volwassenes
    het toegeneem in ontwikkelde en ontwikkelende
    lande
  • Allergiese rinitis 25 - 35 het asma
  • Asma gt50 het allergiese rinitis
  • Toename in AR van 30.4 tot 38.5 in SA vanaf
    1995 tot 2002

10
Allergiese Rinitis
  • Beduidende effek op kwaliteit van lewe op sosiale
    vlak, skoolprestasie en produktiwiteit in
    werksplek
  • Beduidende finansiële implikasies

11
Definisies
  • Allergie is n abnormale immuunrespons op n
    onskadelike allergeen
  • Hipersensitiwiteit - sambreelterm vir alle
    reaksies wat lei tot objektiewe, herhaalbare
    simptome en tekens, uitgelok deur blootstelling
    aan n spesifieke stimulus, in n dosis wat geen
    reaksie in normale mense uitlok nie
  • Kosallergie - dikwels n multisisteem toestand
    wat die neus insluit
  • Voedselintoleransie behoort vervang te word met
    non-allergiese voedselhipersensitiwiteit

12
Histamienreseptor subtipes in allergiese
respons
13
Patofisiologie
  • Non-IgE medieerde allergiese rinitis
  • is as gevolg van wanbalans in Th1/Th2 sisteem
    ten gunste van Th2 selle en die gepaardgaande
    sitokiene IL-4 en IL-5
  • Th2 dominansie lei tot n eosinofielrespons op
    antigene. Eosinofiele vernietig die antigeen,
    maar beskadig ook omliggende weefsel
  • (nasale poliepe en allergiese musien)

14
From kay New England J of Medicine Vol 344(1).
Jan 4, 2001. 30-37
15
From kay New England J of Medicine Vol 344(1).
Jan 4, 2001. 30-37
16
Klassifikasie van AR
  • Tradisioneel seisoenaal en heeljaar simptome
  • Dikwels moeilik om te onderskei sekere stuifmeel
    byna heeljaar
  • Sekere heeljaar allergene fluktueer toon dan
    seisoenale voorkoms

17
Nuwe klassifikasie van AR
INTERMITTEREND 4 dae per week of 4 weke PERSISTEREND 4 dae per week of 4 weke
GERING normale slaap, en geen effek op daaglikse aktiwiteite, sport en ontspanning, en normale werk- en skoolaktiwiteite en geen probleem met simptome nie MATIG TOT ERG, een of meer abnormale slaap inkorting van daaglikse aktiwiteite, sport en ontspanning werk- en skoolaktiwiteite negatief affekteer probleem met simptome
18
Diagnose
  • Geskiedenis
  • Familie
  • Persoonlik
  • Ondersoek
  • Neus/sinusse
  • Orofarinks
  • Ore
  • Longe
  • Spesiale ondersoeke

19
Diagnose
  • Familiegeskiedenis
  • hooikoors/sinusitis/nasale poliepe
  • asma
  • ekseem
  • allergiese konjunktivitis
  • voedselreaksies bv. veluitslag, mondreaksies
    (swelling slymvlies), oormatige slymproduksie,
    hoofpyne, prikkelbare derm, babakoliek,
    regurgitasie en anafilakse

20
Diagnose
  • Persoonlike geskiedenis
  • Nies, jeuk van neus, verhemelte/keel/ore/oë
  • Toe neus, oopmond asemhaal, dors nagte, droë
    lippe, versteurde slaap, oggendhoofpyn, moegheid
    deur dag, anosmie/disosmie
  • PNA/slym
  • Chroniese hoes/keelskoonmaak. Asma word dikwels
    nie diagnoseer nie
  • Buiksimptome
  • Blootstelling aan allergene tuis (diere,
    omgewing, grasdak, komposhoop, voëls) en by werk
    (gasse, dampe, verwe, petroleumprodukte,
    chemikalieë en stof)
  • Medikasie topikale dekongestante,
    antihipertensiewe middels, hormoonbehandeling
  • Sigaretrook
  • Vorige operasies, veral sinusprosedures.
    Ventilasiebuisies!
  • Nasale poliepe!!!
  • Babas/kleuters melk, koeldranke, lekkergoed

21
  • Voedselallergie
  • 25 - 50 gevalle allergiesimptome verskyn eers
    1 -10 ure na blootstelling
  • Ontwikkel dikwels intense lus of afkeur aan die
    spesifieke allergeen.

22
Ondersoek
  • Neus/sinusse
  • Anterior rinoskopie - otoskoop!!

23
Ondersoek
  • Orofarinks
  • Tonsils, granulêre posterior farinkswand,
    limfoide weefsel in geute van orofarinks, PNA

24
Ondersoek
  • Allergiese mannerisms

25
Ondersoek
  • Ore
  • Droë vel eksterne kanaal/post ourikulêr (ekseem)
  • Timpaniese membraan timpanosklerose, perforasie,
    retraksie, ventilasiebuisie
  • Longe
  • Wheeze, chroniese
  • hoes, slym

26
Spesiale ondersoeke
  • Toets asb hierdie rots
  • vanaf Mars vir
  • enige tekens van lewe!

27
Spesiale ondersoeke
Sinusse RT vs X strale Neusdepper Mukosiliêre toetse Ore Timpanometrie Oudiometrie Depper eksterne meatus vir MKS Longe X strale, piekvloei, ens Hematologiese ondersoeke Allergietoetse Totale IgE Spesifieke IgE (Fx5 Phadiatop) CAST/FAST CAP toets Nasale eosinofilie Mastsel triptase Eosinofiele kationiese proteien T sel bemiddelde toetse Velprik-/intradermale plaktoetse Provokasietoetse
28
Spesiale ondersoeke
29
Spesiale ondersoeke
  • Allergeen spesifieke IgE (RAST toetse)
  • Betroubaar vir inhalante. NIE altyd vir voedsel-
    en geneesmiddel allergie nie
  • Nie beinvloed deur geneesmiddels nie
  • Phadiatop siftingstoets vir mees algemene
    inhalante, klinies
  • gt 90 effektief. Kinders 0 - 4jr slegs 65
    sensitief, maar 100 spesifiek. FX 5 sifting
    vir voedselallergene, nl. eierwit, melk, vis,
    graan, grondbone en sojabone. Sifting om kostes
    te bespaar
  • RAST meet sensitisasie nie noodwendig kliniese
    relevante allergie nie. Negatiewe RAST in
    teenwoordigheid van kliniese allergie - versigtig
    beoordeel
  • Kruisreaksies mag ontstaan tussen sommige
    allergene
  • R114 per item op RAST

30
Spesiale ondersoeke
  • Velpriktoetse (SPT)
  • Goedkoper as RAST
  • Resultaat dadelik beskikbaar
  • Tegniekafhanklik!
  • Beinvloed deur medikasie
  • Ekseem/ veltoetstande is n kontraindikasie
  • Nie sifting beskikbaar nie
  • Vals negatiewe toetse met labiele allergene bv.
    vars vrugte
  • Klein risiko vir anafilakse
  • Min waarde igv. voedselallergie/-sensitiwiteite/-i
    ntoleransie

31
Spesiale ondersoeke
  • CAST (Sellulêre antigeen stimulasie toets)
  • Meet basofiel aktivering na stimulasie met n
    spesifieke antigeen
  • Meet IgE en nie-IgE bemiddelde allergiese
    reaksies
  • Aangedui in voedselallergie en reaksies teen
    kleur- en preserveermiddels. Lg. gewoonlik
    nie-IgE bemiddeld
  • Sifting is beskikbaar
  • Sensitiwiteit ongeveer 80
  • R265 per item

32
Spesiale ondersoeke
  • T sel bemiddelde toetse
  • Meet T sel proliferasie na stimulasie met
    allergene
  • Reaksies manifesteer meestal eers na 24 - 72 uur
  • T sel bemiddelde reaksie dikwels velreaksies of
    respiratoriese simptome
  • Veral aangewend in geneesmiddelallergie,
    metaalallergie en voedselallergie

33
  • Kinders 80 allergiese reaksies is gevolg van
    hipersensitiwiteit teenoor neute, beesmelk en
    eiers
  • Kind met eierspesifieke IgE en n
    familiegeskiedenis van atopie
  • hoogs aanduidend van latere sensitisering tov.
    inhalante op 3jr ouderdom

34
  • Met uitsluitingsdieet vind n onttrekkingsverskyns
    el plaas binne eerste paar dae (tot 2 weke)
    Allergiesimptome vererger eers voordat
    verbetering intree
  • Met maande-/jarelange uitsluiting van spesifieke
    voedselsoorte, ontwikkel pasiënte toleransie
    teenoor die spesifieke voedsel
  • Frekwensie en kwantiteit van die herinname bepaal
    langtermyn toleransie tov. die voedsel

35
Moet nooit vergeet nie!!
  • 90 allergiesimptome manifesteer reeds gedurende
    eerste paar weke in neonatale tydperk
  • Te veel babas word nooit gediagnoseer met
    melkallergie nie. Staat gemaak op lab ondersoeke
    om diagnose te maak - IgE vs nie-IgE
  • 60 - 70 adverse reaksies word nie deur
    velpriktoets of RAST aangetoon nie. Lg. mag eers
    1jr later positief word.

36
Hoe presenteer voedselallergie?
  • Herhalende BLWI, otitis media of tonsillitis
  • Chroniese toe neus/loopneus
  • Chroniese slym/fluit in bors
  • Ventilasiebuisies binne eerste jaar
  • Ekseem en gastrointestinale simptome

37
Studie deur Nsouli et al
  • Beduidende statistiese verband tussen
    voedselallergie en herhalende sereuse otitis
    media (78 kinders in studie van 104)
  • 86 verbeter met uitskakelingsdieet
  • Mees algemene voedselsoorte betrokke melk(38),
    graan(33), eierwit(25), grondbone(20),
    soja(17), mielies(15), lemoen(10),
    hoender(5), appel(4).

38
Behandeling
  • Vermy allergene!
  • Inhalante maatreëls
  • is wel effektief
  • om simptome te verminder
  • Voedsel suiwel, sitrus,
  • piesangs, kleur-
  • preserveermiddels.
  • (graan neute)

39
Behandeling
  • Farmakoterapie
  • Antihistamiene
  • meer effektief profilakties
  • oraal/topikaal
  • Steroide
  • effektief vir allergiese- en non allergiese
    rinitis
  • topikaal/oraal/parenteraal
  • Natriumkromoglikaat
  • onderdruk IgE
  • verminder jeuk van neus, nies, hipersekresie en
    toe neus
  • primêr profilaktiese behandeling vir kinders
  • kort halflewe, dus qid gebruik

40
Behandeling
  • Anticholinerge middels
  • verminder sekrete alleenlik
  • Ipratropiumbromied (Ipvent) verbeter vasomotor
    rinits
  • Dekongestante (a adrenoreseptor agoniste)
  • topikaal - Oksimetasolien en Xylometasolien
  • oraal - efedrien, pseudo-efedrien en
    fenielpropanolamien
  • risiko vir rinitis medikamentosa
  • Spoelings met sout-/seewater (Salex Sterimar)
  • voordeel in studies bewys
  • kontaktyd met inhalante/irritante word
    verminder
  • stimuleer siliafunksie
  • korrigeer pH
  • bevogtig mukosa

41
Behandeling
  • Immunoterapie
  • Gras en huisstofmiet meestal desensitiseer,
    asook bome, onkruide, swamme, katte, honde en
    kakkerlakke
  • Sublinguaal of subkutaan toegedien
  • Streng maatreels vir hantering van anafilakse
  • Leukotrien reseptor antagoniste
  • Aangedui vir asmabehandeling - Singulair
  • Studie toon nie beduidende effektiwiteit in
    allergiese rinitis nie
  • Beter as plasebo, minder effektief as
    antihistamiene en topikale steroide

42
Behandeling
  • AntiIgE antiliggaam (Omalizumab)
  • Kliniese effek deur blokkering van IgE
    medieerde aksies
  • Lei tot verminderde gebruik van inhalasie
    steroide en verbeterde asmabeheer
  • Beskermde effek in allergiese rinitis tydens
    beuke- en grasstuifmeel seisoen
  • Nuwe behandelings
  • Oplosbare interleukienreseptore om sitokien IL-4
    te bind
  • Anti IL-13 en antiTNF-a
  • Sitokiene met anti inflammatoriese effekte soos
    IL-10, IL-11 en IL-12

43
ARIA riglyne Aanbeveling tov. behandeling van AR
ARIA Allergic Rhinitis and its Impact on
Asthma. Bousquet et al. J Allergy Clin Immunol.
2001108 (5 suppl)S147.
44
Dankie
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com