VENSTER OP DIE EWIGHEID. - PowerPoint PPT Presentation

About This Presentation
Title:

VENSTER OP DIE EWIGHEID.

Description:

1. Die heelal bevat baie baie dinge... VENSTER OP DIE EWIGHEID. 2. n Groot deel daarvan is vir ons onsigbaar.. 3. n Groot deel weet ons nie eers van nie.. – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:57
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 7
Provided by: Kare100
Category:

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: VENSTER OP DIE EWIGHEID.


1
1. Die heelal bevat baie baie dinge...
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
2. n Groot deel daarvan is vir ons onsigbaar..
3. n Groot deel weet ons nie eers van nie..
4. Ons kan ook nie die verband tussen al hierdie
dinge sien nie
5. Net God wat die Skepper is van al die dinge
kan ons duidelikheid gee.
6. God gee ons n betroubare venster waardeur ons
alle dinge kan bekyk Die Bybel!
7. Net deur die Bybel sien ons dinge helder en in
die korrekte verband !
2
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Joh 424 God is gees, en dus vir ons onsienlik.
Sien ook I Tim 117
God openbaar Homself in die natuur, maar dit is
nie volledig nie. Sien Rom 120 , Ps 191-7
Geloof is noodsaaklik as ons God se dinge wil
verstaan. Sien Heb 116 en Heb 42
God se heerlikheid is so oorweldigend dat
geen mens Hom kan sien en bly lewe nie . Ex
3318-23
Daar bestaan ook ander bo-menslike
openbarings, maar dit is nie betroubaar nie
Ons kan slegs dit van God weet wat Hy aan ons
wil openbaar. Openbaring is dus noodsaaklik om
God te ken.
Die Woord van God is ons enigste betroubare
openbaring van die sienlike en onsienlike dinge.
3
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Die Woord van God is nie n gewone boek nie - dit
is geestelik. Sien Joh 663
Die Bybel as Woord van God vertel van Christus
die Woord van God. Sien Joh 539 40
Dit kan alleen so wees omdat die Skrifte
geinspireer is. Inspirasie beteken Deur God
ingeadem. Sien 2 Tim 316 2 Pet 121
God se finale openbaring aan ons is in Christus,
en daarom is Hy die Woord van God. Sien Joh 11,
14 en Heb 11
Ons glo aan die letterlike inspirasie van die
Skrifte. Dit beteken dat God die skrywers van
die Bybel deur die eeue heen gelei het om
presies die woorde neer te skrywe wat Hy wou hê.
Selfs as n woord nie gebruik is nie, het God dit
ook so bepaal met n doel.
Daarom is die Bybel n eenheid en staan alle dele
in n verband met die sentrale tema CHRISTUS.
Inspirasie beteken dat God lig in die Skrif
gedeponeer het en ons kan dit net verstaan as die
Heilige Gees die lig vir ons openbaar.
4
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Inspirasie beteken dat God lig in die Skrif
gedeponeer het en ons kan dit net verstaan as die
Heilige Gees die lig vir ons openbaar.
Die onwedergebore mens kan die openbaring van
God nie verstaan nie. Sien 2 Kor 43 4
Die Woord het 3 betekenisse - Letterlik -
Moreel - Misties, geestelik
Tog is geleerdheid nie nodig om die Woord van God
te verstaan nie. Jes 662
Dit is nutteloos om net die letterlike en morele
betekenisse te begryp. Die ware lig daarvan lê
opgesluit in die geestelike betekenis, en die
Heilige Gees moet dit vir ons openbaar.
Die Woord van God moet geestelik beoordeel word.
Lees 1 Kor 214,15 Wedergeboorte is dus belangrik
as ons die Woord wil begryp.
Ons glo dat die Woord onfeilbaar is, akkuraat en
nog steeds toepaslik is vandag. (Matt 2435)
5
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Wat is die verband tussen die Woord en die Kerk?
Roomse siening Die Kerk het die Woord daar
gestel - Daarom kan die kerk (Pous) vandag nog
goddelike uitsprake maak.
Gereformeerde siening Die Woord het die Kerk
tot stand gebring - Daarom kan niks meer by die
Woord gevoeg word nie.
Die Woord word egter eers korrek begryp in
wisselwerking met die Liggaam van Christus en die
werking van die Heilige Gees. Sien dat 1 Joh 220
27 in die meervoud is.
God se kinders verstaan en luister na die Woord
Joh 847 1 Joh 46
6
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Hoe moet ons die Woord in sy verband verstaan?
- Die Ou Testament is die fondament van die Nuwe
Testament
- Die Nuwe Testament verklaar die Ou Testament
Lees asb Joh 16 12 - 14. Wat beteken dit ?
- Die dissipels kon nie verstaan nie. - Hulle
moes wag vir die Heilige Gees om vir hulle te
openbaar - Die Heilige Gees het gekom - Die
Sendbriewe verteenwoordig die tyd van die Heilige
Gees - Die Evangelies verteenwoordig die tyd van
Jesus (toe hulle alles nognie kon verstaan
nie) - Die Sendbriewe moet dus die beginpunt wees
om die Evangelies te verstaan, en die twee moet
gebruik word om die Ou Testament te verstaan.
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com